2 Feb 2020: Miami

Hubby was on duty so i could get straight off after breakfast but this time i was ready for the cold Miami early morning air.Regte woestyn weer!! Am not complaining at all for i prefer the cooler weather. So off i went and took me 30 minutes to get to downtown and that is walking rustig.

5/6 ships were in port so full house for the day. The downtown was buzzing and they had a huge Christian concert in the stadium near the waterfront. The music was very loud and could listen to the music while just sitting outside the stadium.
Dit was nogal mooi met kore wat sing en die mooiste mooiste stemme,het gese iemand bekend sing daar maar nie uitgekom by wie dit was nie.

Then it was time for some shopping and visiting Marshalls one of the big stores the crew always visits for specials! Could not believe it, when someone in this store touched my arm to say hi, was toe wraggies iemand wat op ons vorige skip van SA kom en by die kinders  gewerk het Sy was toe op een van die ander skepe wat ook gedock was vir die dag. Just shows you here i am on the other side of the world and i bump into someone i know, amazing.

Starbucks was busy but i could find a seat just to do my business. Decided to go back earlier because i did not no what to expect with the virus story and was scared it might take a lot longer to get onto the ship. Could not believe my luck for no problems when i got there and all was smooth sailing to get back on.

3 Feb 2020: @ Sea

Die eerste see dag is altyd baie besig in die gym maar dit hou nie lank nie van dag 2 is dit rustig en mens het gewoonlik die hele plek vir jouself en kan kies en keer op watter masjiene jy wil oefen.Die week geen snaakse gevalle sover nie.

Ek het die aand na n mans groep se show gaan kyk en wat n belewenis,dit was amazing,hulle dans en sing en dit gebeur alles in die bar van n Irish pub,het dit vreeslik geniet. Vertel ook hoe belangrike deel die pub in hulle kultuur is en hoe die manne al hulle lief en leed daarso deel en hoe die oulikste pubs nou moet plek maak vir nuwe moderne geboue. Vol energie lewendig en kry die gehoor baie gou betrokke kon tot free beer op die verhoog by die pub kom kry,dit het ek nog nooit gesien nie. The Choir of Man glo hulle naam so kan dalk op FB iets kry

After this fantastic show you were in very good spirits and feeling on top of the world.Wat teater musiek en lag darem nie aan die siel doen nie! Gaan gans te min na sulke goed ,hoop ek kry liefie ook een aand by die show want dink hy sal dit net so geniet.



4 Feb 2020: San Juan Puerto Rico

Only arrived late afternoon so had time to first gym and then spend some time reading on the open deck on deck 8. Another perfect day while sailing into this port. A huge super yacht was also docked in port and must say was very impressive; don’t think you get any bigger than that.

I was going to meet hubby after his work day was done so got off early and hit the shops. Daar natuurlik weer die mooiste handsak gesien  wat vrek duur is oor die $200 maar is met die hand gemaak en geknoop,pragtige werk my tipe ding maar net by kyk gebly.

Toe is ek weer terug see se kant toe en het al langs die see gestap tot by die fort se ingang  waar ons ingeseil kom van die see se kant af. Was al sterk skemer en ek moet erken nogal gedink ok is hier en daar plekke waar ek heeltemal alleen is en is dit veilig??

Nog nooit in my lewe ook so baie katte gesien nie hulle is orals so langs die see en lyk my word gevoer want ook orals kratte met skuiling vir hulle en kos .Was vir my eintlik grillerig en natuurlik ook n klankie in die lig. Seker weer een of ander geloof maar regtig was een te veel vir my en ek mal oor diere.

Na my stap het ek by ons kuierplek gaan sit en wag vir liefie om op te daag. Besluit moet darem ook vir ons eetgoedtjies kry terwyl ons so sit en ietsie drink met die mooiste uitsig op die super jag en hawe.Teen die tyd is dit donker en al die ligte is aan wat dit sommer nog mooier laat lyk.

Besluit om op n ander keer na n local bar te gaan wat hoog bo die old town sit met die mooiste uitsig oor die see.Die locals hang daar uit dan weet jy daar kan jy maar ingaan.

5 Feb 2020: Tortolla

They decided to change the 2 days around so today we were in Tortolla first and will only be in St Thomas tomorrow,hoekom weet ek nie. Vanoggend was ek lui en besluit cheat dag vir my,so is reguit eetsaal toe vir ontbyt en toe eers rondgele op dek 15 in die observation lounge voor ek toe afgeklim het.As al die mense eers afgeklim het in die port het mens al die nice plekke omtrent vir jouself met net hier en daar iemand of moet ek se die ouer mense wat nie afklim nie..

Toe is ek af en het eers rondgedwaal in die winkles en toe by my gewone kuier plek uitgekom vir wifi en goed aflaai.Na middag ete het ek besluit is nou tyd om die local bier uit te toets en het ek n Carib bier bestel. Was nou nie vir my great nie so dink volgende keer bestel ek eersder iets anders.





6 Feb 2020: St Thomas

Was al 6 uur vanoggend in die pragtige hawe maar toe is dit nog slaap tyd en donker buite.Arme liefie is weer in die oggend ure geroep en ek het hom nie weer gesien tot opstaan tyd nie.
3 skepe in die klein hawe vir die dag so dit beteken tussen 13000 /15000 mense vd dag,is dit nie amazing nie

Ai dink net wat dit vir ons mooie PE kan beteken as so baie mense net 1 x week in port is en met alles wat ons het om te offer ,as ons net al ons eende in n ry kan kry sou die toerisme ontpop.

Laat ek maar droom oor hoe dit kon wees, toeriste wat die volgende kon geniet
Rondstap in die middestad met al die mooi geboue
Die valley market area
Die hawe area
Egte Suid Afrikaanse kosse geniet
Stap van die hawe tot by die boardwalk of fiets ry of skoeters neem
n Trein rit met die ou appel trein
Dalk n trein rit tot by Addo park vd dag van die middestad reg langs die hawe
Besoek aan al die mooi privaat wildparke wat ook nie te ver is nie
Surfing,diving,fishing
Plekke he waar die Xhosa tradisies en huisies en leefwyse uitgebeeld word,kos klere, pragtige naaldwerk vaardighede ag noem maar op danse, musiek ,om die vuur sit wat n belewenis sal dit nie kan wees nie
Alles is daar moet net benut word in n ideale wereld van geen misdaad ens

Dis nou een ding wat jy nie soek nie en dit is om beroof of aangerand te word nie,jy kom dan juis om die land te geniet en te beleef.Dis nou my droom wereld!!!
Verder darm rondgeloop en by die winkles vir die eerste keer uitgekom.

Net voor ons moes vertrek toe is dit weer drama tyd en n passasier het gelukkig betyds opgedaag om afgesit te word van die skip voor ons weer vir 2 dae op see is. Die 24jr man is terminaal siek met kanker en het n Hb van 2,so dit se alles,hy kritiek siek en dadelik na die naaste hopitaal toe gestuur en sal dan hopelik sodra hy kan huis toe gevlieg word. Die harstseerste van alles die trip was op sy bucketlist,maak my skoon harstseer. Die lewe en gesondheid eintlik alles!

Verder rustig en n mooi dag gewees,die eiland bly vir my een van die mooistes hierso.Ek sien weer uit na die GSC eiland want dis die enigste plek waar ek lekker kan swem en in die son le of moet ek se onder die palm bome in die skaduwee.Dis net n tenderboot rit weg van die skip so geen vreeslike gestap of taxi vat nie,en jy eet verniet op die eiland,heerlik.

Agv die virus wat almal op hol het mag die mediese personeel nie Sondag in Miami afklim nie so dit n teleurstelling maar nou ja wat kan mens doen,hier val jy net in of doen wat gese word.



7 Feb 2020: @SEA
We left St Thomas early afternoon so had a lovely view while sailing out to sea. Last night just after we had gone to bed he was called in to help with a situation and what a situation it was, a drunk old man that gave him a punch in the stomach en die arme ander personeel vreeslike name genoem het. This is a first in the nearly 8 years of working here, thank goodness took it in his stride and was more upset about the guy calling his team ugly names

Maar met n dronk man kan jy mos nie redeneer nie, hopelose situasie so die is toe gewaarsku as hy nie gaan ophou vloek en hom gedra nie gaan hulle hom in die skip tronk sit vir die nag.Lyk my dit het toe die ding gedoen.Soos hulle se never a dull moment in this place.

Moet erken begin nou huis toe verlang na my huis,tuin,ag sommer alles. Droom al van n lekker koppie tee en beskuit op ons stoep vroegoggend met al die voels wat ook n draai kom maak in die tuin of om net die bumbblebees en bye dop te hou tussen ons salvia en butterfly bosse. Die klein dinge in die lewe of die geroep van ons oupa uil wat nou en dan in die aande roep.

Huis ,my happy place!! Seker maar soos alles ,moet eers weg wees van dit om dit regtig  weer te waardeur.More is dit weer eiland dag en volgende week  is ons nie daarso nie so gaan my dag daar benut.












Comments

Popular posts from this blog

20 January 2020