1 Maart 2020: Miami
Vanoggend 4 uur toe word ons wakker gebel
deur nog n krisis in n kamer op die skip,so liefie is met n vaart daar weg en
dit was ook die einde van my slapery.Ek is toe wa wyd wakker en het toe sommer
begin TV kyk.
Toe hy 6 uur daar insluip toe word ek
verras met n stommende koppie koffie en was dit nou lekker,die grootste present
wat hy vir my kon bring. n Ou beskuitjie van die huis sou die cherry op die
koek gewees het maar ek dankbaar vir elke druppel van die koffie.
Weird hoe sulke klein goed hierso n groot
issue is,seker maar omdat jy dit nie net sommer kan kry soos jy wil nie,dan
waardeur jy mos dinge net soveel meer.ek sien al so uit na daardie eerste
oggend by die huis waar ek my tee en beskuit op ons stoep gaan geniet,nog voor
die son opkom.
Dis mos n ander gedoente as ek by die huis
kom dan is die body klok deurmekaar en ek is wakker wanneer ek veronderstel is
om te slaap maar dit ook al gewoont en gelukkig nie lank nie dan val jy weer in
op SA tyd.
Die port was vandag weer propvol met 8
skepe en ons skip natuurlik die verste van die stad gedok,so het n goeie stap
ingekry.Daar was weer vroeg oggend n wedloop aan die gang met vreeslike lang
rye karre oppad na Miami Beach toe.
Terugkeer skip toe het heelwat langer gevat
as gewoonlik en ons is ook n paar minute later weg uit die port. Het vir liefie
n paar lekkernye gekoop en ons het wraggies alles opgeeet ,daar was geen stop
tot alles klaar was nie, sjokelade,oreos,en chippies,my doodsteek.
Met ons uitseil vamiddag is ons verby n
piep klein boot wat omgeslaan het net buite die hawe se keerwal met 2 reddingsbote
wat help. Dink hulle kon darem die mense betyds help,of dis hoe dit gelyk
het.Net bietjie verder het die kaptein omtrent op ons horing geblaas en eers
gewonder wat gaan nou aan net om toe te sien hoe n boot agter ons verby ry,so
neem aan dis vir hom wat ons so die horing geblaas het.
Dink vanaand slaap ons seker weer soos
babas omdat ons so vroeg op was en die see het weer n gewaggel en gewieg, te
lekker.
2 Maart 2020: @ SEA
Vanoggend weer op en darem by die gym
uitgekom maar daar was dit nou prop vol
en moes omtrent jou kans vat sodra n masjien oopgaan.Op die eerste dag
van die cruise is almal vol moed en krag maar soos die week aangaan kom al
minder daarso uit.
Dink nie ek gaan moeite doen met dit as ek
net vir 7 dae van lekker rus,swem eet en sleg wees het nie.Daar is ook die
mense wat hulle konstant weeg in die gym dit kan ek ook glad nie verstaan
nie,hier gaan jy mos eet en seker n kg of 2 optel maar sodra jy weer tuis is
val jy mos in jou normale roetine in.Seker different strokes for different
folks ne!
3 Maart : San Juan Puerto Rico
Hubby working so had to do things on my own
today and was not feeling bright eyed and bushy tailed so just went to our Wi-Fi
spot but that was a disappointment for the speed was super slow. Went for a
quick walk and then i went back to the ship.
Next week hubby is off so hope we get a
chance to go out for supper for the following week he is working and i will be
leaving after that, so a last dinner date in San Juan.
4 March 2020: St Thomas
Vroeg oggend hierso aangekom op nog n mooi
dag in die Karibiese eilande.Sien die kabel karretjie is darem weer aan die
gang so gedink om dit ook dalk nog een keer te doen.Die uitsig van bo is
ongelooflik mooi,die musiek net te hard en te veel vir my ek sou verkies dat
dit rusitger is maar dis seker die ouderdom.
Na die weeklikse drill is ek en liefie toe
na n restaurant reg teen die water waar die seiljagte vasgemeer is,hulle
dockyard!!Hy het n vet sappige hamburger geeet en ons het lekker yskoue Heineke
bier gedrink,dit het goed afgegaaan.
Terwyl ons daarso sit toe kom n ou man met
sy pragtige ou hond aangestap en die tweetjies bly op een van die super yauchts
wat voor ons geanker is.Was vir my te mooi die 2 en toe hy op die seiljag moes
klim toe gee hy eers vir woef n beurt en hy loop agtena. Jy kon sien nie meer
vandag se kinders nie.
Met ons terugkeer was dit weer tyd vir die
highspeed boot om die hawe te verlaat en hy was darem vol gepak vir sy rit in
die hawe gebied,weet nie of ek by dit gaan uitkom nie,want sal dit nou nie
alleen wil doen nie en dink nie ek gaan vir mnr sover kry nie.
5 Maart 2020: Tortola
Hier het dinge ook vandag bietjie anders
uitgewerk as beplan maar moet eintlik nou al gewoont wees aan dit. Afklim tyd
is vir ons tweetjies verander agv n pasient wat moes af maar toe nie aanvaar is
deur die authorities van die eiland nie, agv die virus bekommernis wat nou
wereld wyd voorkom.
So eks bevrees hier word jy nou oorgelaat
aan die genade, want op die skip gaan jy moet bly tot ons weer in ons home port
kom voor jy dalk n hospitaal gaan sien.
Mens kan dit seker ook verstaan as hulle
nog nie die siekte hierso het nie en jy neem nou n siek persoon in dan stel jy
almal seker bloot aan dit.
So must say everyday has its new challenges
and we have decided to take one day at a time,and pray that the Lord will be
with us until it is time to go home or face what we have to with Him, as it
comes. A real test of ones faith.
I got off the ship without hubby and he
only joined me later for a very short time and then he went back without me
because of all this drama with the patient. While i was in a lift this
afternoon i heard people talking about there 2 excursions today and the one
said they went snorkeling and had to swim for long stretches that some people
found a bit challenging and the other man went on a 4x4 drive on an open truck
with 50 people all along huge cliffs which he said he found very scary, so
don’t think i will be joining on either of these two. Regte bang broek!!
Tomorrow we are at sea and then at GSC island for the day but we will have to
see what the weather does for the weather can be challenging as the captain has
said before and safety comes first, so we will see. Think it will be great once
they have built there docking platform ,it will make things a lot easier.
6 Maart 2020: @ SEA
Kyk hier moet mens nou lig loop want vandag
gehoor van Sondag af gaan almal wat op die skip klim se koors eers geneem word
en as jy koors het is ek bevrees gaan jy nie toegelaat word op die skippie nie!
So hoop ek hou tot Sondag en maak die cut!!
Skoon op my senuwees want besef dit kan n
gemors afgee maar dis nou n gebed saak by ons.Verder vanoggend darem by die gym
uitgekom en ook maar dinge rustig gevat .Gelukkig is die see mooi kalm en
rusitg hoop nou net dit bly so vir more se eiland dag,maar dit sal ons seker
eers more oggend sien as ons daar aan kom.
Liefie is aan diens op die eiland en hy
baie bly om bietjie af te kom en sy voete aan wal te sit.Diens doen op die
eiland darem gewoonlik rusitg want die verpleegster hanteer die meeste van die
gevalle en hy net daar vir die groot goed.
Nooit gedink mens kan so kriewelrig raak
nie maar wragtig dis presies hoe ek voel,wil nou net dae omkry en by die huis
kom.Ons spot en se nee ons kuier nie meer lekker nie!!Die laaste trek mos altyd
die ergste van die wedloop.Kan nie glo liefie is al van die 15 Des al weg by
die huis nie voel baie baie lank terug.
7 Maart 2020: @SEA
Sure enough the weather did not play along
and we had to skip the island for the 2/3 time. I got dressed to go when hubby
came back to tell me no this is not going to happen today.
Daar was heelwat wit perdjies op die see en
as die wind eers die sproei terugwaai dan weet jy,ok hierdie is nie n
vriendelike see nie,hy is omgekrap en moeilik.Ek was mos al eenkeer op die
tenderboot in so n see en het n groot skrik gekry dis regtig nie snaaks nie.
Hierdie week was daar ook nog nie een
borsgeval of pneumonie nie en ek glo ook dit is niks minder as n wonderwerk nie
so ons hou aan bid en glo in die Here se beskerming veral in die tyd,met al die
mense aanboord.
Ek het ook besluit om eerder nie more in te
stap stad toe nie en gaan eerder sorg dat ek afklim soos ek moet want almal
moet eers van die skip af voordat hulle hom clear soos hulle dit noem en voor
die nuwe lys passasiers vir die volgende week mag opklim en ek wil maar so gou
as moontlik opklim dan weet ek,weer veilig op my plek.
8 Maart 2020: Miami
Got off the ship and then thank goodness
got the green light from the nurse taking our temperatures at the door into the
terminal and got straight on again.
Things on TV are not looking good for the
industry at the moment so we will have to wait and see.
Nege passasiers is weggewys by die
terminaal en verbied om op te klim agv koors en diaree so jy kan net dink wat
se affere dit afgegee het.Moet erken kan heeltemal verstaan hoe onstig hulle
seker was ,verbeel jou jy kom op die droom vakansie en hier blok hulle jou so
naby aan dit maar kan ook die beleid van die company verstaan veral soos dit nou
gaan.
Almal se stresvlakke loop hoog en ek net
bitter dankbaar ons staan einde se kant toe met hierdie kontrak,nog net 1
cruise vir my en 2 vir liefie. Het ook nou n paar goed geleer in die tyd dat
met sulke wereld siektes moet mens
eerder maar dinge kanseleer en tuis bly,,om hier te wees ver van die huis en
met die gedagte dat jy nie van een dag na die ander weet hoe dinge gaan verloop
nie,los maar eerder,dit veroorsaak baie stress en onsekerheid en alles is
totaal en al buite jou beheer.
Kan altyd weer op n vakansie gaan en jy wil
dit geniet nie heeltyd wonder wat as jy siek word nie.Dink ook die ouer gaste
en mense wat immuun onderdruk is loop regtig n groot risiko en lyk my baie wat
siek is kom op die tipe toere,so weereens n les.
More is dit n seedag en dan is ons weer in
San Juan.Die see is omgekrap en ons is
alweer aan die wiegel en waggel.Gister middag laat toe kom 2 manne na ons kamer
toe om deur n klein deurtjie in ons kamer die watervlakke van die skip te
neem,dit was nogal intressant hulle laat sak n maatband in die water tenk in,so
daar is n hele paar van hulle reg rondom die skip., en ons kamer een van die
plekke.
Hier het ook paar honderd mense besluit om
eerder nie vandag op die cruise te gaan nie en nie opgedaag nie ,dink dit was n
wyse besluit onder die omstandighede weet nou nie of hulle dit later kan doen
of hoe dit werk nie,is seker hulle kry hul geld terug as hulle betyds
gekanseleer het.
9 March 2020: @SEA
Hier het dinge ook weer vroeg begin woel
maar so dankbaar liefie het n goeie slaap ingekry want hy was dood moed na
gister se dinge.Ek is weer gym toe en net toe ek gaan sit in die eetsaal toe
kondig hulle weer n Code Alpha af, toe weet ek ok die dag gaan weer onderste
wees.
Is toe ook die eerste sterfte op die nuwe
skip ,hulle het probeer maar eintlik was dit reeds te laat toe hulle by hom
gekom het, so kry die arme familie altyd so jammer,gister was almal in goeie
gees en vandag verander alles in tragedie,en n cruise wat jy nie wil onthou
nie.So more as ons in San Juan aankom word hy eerste afgelaai of so se hulle.
Die see is
baie rof is eintlik die eerste keer dat ek dit so erg beleef na ons 3
dae storm naby Quebec in Canada,en lyk my reen ook oppad na Puerto Rico of so
se die weer voorspelling,maar later in die week lyk dinge weer beter en ook vir
die eiland,sonskyn en lekkerder weer.
Ons wonder ook heeltyd wat die industrie
gaan maak met die virus wat nou eers momentum kry hier in die VSA,ek begin al
dink dalk gaan ek vroeer moet huis toe maar ons sal seker in die week sien wat
hulle beplan. Begin al dink dalk sou dit beter wees om seil vir eers heeltemal
te stop maar dan wonder jy weer vir hoe lank,is omtrent n gemors en n nagmerrie
vir besighede.So net die tyd sal leer hoe vorentoe.
10 March 2020:
The weather has really been bad and i see
we have been traveling all along the Cuban coast and last time we did that it
was also because of bad weather. This has been like the storm we had when we
were in Quebec Canada, the ship is really growning and mouning and rocking and
rolling. Almal lyk soos mense wat n dop in het!!!
Toe is dit weer krisis tyd met n man wat n
maag bloeding het en n baie lae hb, gelukkig was dit nie nodig om weer n bloed
oortapping te probeer reel nie en net toe dit onder beheer is toe is is dit
weer daardie gevreesde woorde Code Alpha oor die luidsprekers!!
Die keer was dit n hele drama toe n vrou in
die ry voor die teater waar die opvoering die aand gebeur inmekaar sak met n
hartaanval.Gelukkig kon hulle haar stabiliseer.So ons kom toe aan in San Juan
met 2 ambulanse wat wag op ons en nog n lyksbesorger wat die arme man wat in
die morgue is moet verwyder.
Die ambulanse was darem reeds in die port
toe ons daar aankom maar vir arme oupa het hulle eers die aand 9 uur kom
haal,daar was seker geen haas nie maar nou ja net sad vir almal betrokke.
Toe is ek eers alleen weg na die CVS vir
bietjie bederf goed koop en ons laaste voorrad voor ons huis toe gaan.Toe
liefie klaar is met werk toe kon ons albei afklim maar teen die tyd was dit al
donker met n woeste wind wat waai so ons het besluit om net vinnig te stop vir
n drankie by ons gewone watergat en toe is ons terug skip toe en bed toe.
11 Maart 2020:St Thomas
Hier was dit weer eers drill tyd voor ons
kon afklim en ons is later die oggend weer op is met die kabel karretjie tot op
die berg met daai mooi uitsig oor die eilande.
Die plek was baie besig en daar was 5 skepe
in die hawe vandag, met 3 hier by ons en 2 ander aan die ander kant van die
eiland.So dit was omtrent bedrywig.
Liefie het weggele in n lekker hamburger en
ons hou nou by die Heineken bier,was baie lus vir n cocktail maar die plastiese
glase sit my af! As ek so iets drink wil ek dit eerder in n mooi glas he maar
hier op die eilande is dit in plastiek glase
So bly die weer het opgeklaar en hulle
voorspel beter weer vir die res van die week en gladde see vir die eiland dag
Saterdag. Raak so opgewonde as ek dink volgende week as ons weer by die eiland
anker gooi dan pak ek my tasse,kan nie wag nie, sien vreeslik uit om huis toe
te gaan.
12 March 2020:
Woke up this morning to the news that Trump
had decided to put a travel ban in place of all flights coming in from Europe
for 30 days,so that was a shocker and i am suppose to fly from Miami to Zurich
and then Johannesburg.Dis mos nou genoeg om mens se senuwees klaar te
maak.Princess en Viking cruises het ook
besluit om vir die volgende 2 maande hulle roetes te kanseleer agv die virus,
so dit was ook n skok maar ook iets wat ons verwag het.Liefie se al van die
begin dis al manier hoe mens die affere gaan stop sit.
Nou is die vraag moet ek eerder huis toe
probeer gaan of nog n week uithou terwyl die virus ook hier in Amerika soos n
veld brand versprei. Sover is ons skepe skoon maar as ons gevang word met n
geval dan wag 2 weke van kwarentyn vir die wat positief getoets word.
Moet erken met hierdie hele gedoente is
niks meer lekker nie en jy ook lus vir niks nie, al wat jy aan dink is om by
die huis uit te kom. Het ook oor die nuus gese dat almal bo 70 defnitief nie
eers moet dink aan cruise nie maar ons het n hele paar op hierdie cruise. So ek
wag nou om te hoor van die meisie wat altyd my goed reel of ek my datum kan
aanskuif met n week so hopelik sal ek teen more oggend n antwoord he, en weet
watter kant toe ek gaan.
Glad nie lekker om te weet ek moet vir
liefie hier los nie maar wat kan mens doen,it is what it is!.Hy behoort darem
volgende week sy vliegtuig kaartjie te kry dan weet ons ook dis n werklikheid.,was
n baie lang kontrak met meer as genoeg dramas en dinge,vervelig was dit nou
nie. Hy verdien beslis n vakansie en rus na die!!!Vanoggend gese is lus vir my
waffels(Ouma Babs se resep) met roomys so dit sal ek beslis vir hom maak.
13 Maart 2020: @SEA
This morning at 5 i woke up to see if i had
received any emails from our travel agent regarding flights back home. We are 7
hours behind so that makes it a bit difficult. Then i tried phoning later in
the day and batteled to get through to the offices.
I assume that their phones must be ringing
off the hook because of the travel ban that has the world upside down. Thank
goodness i did evensuly get through and could speak to Melanie.She had got hold
of Swiss Air and they gave me an option of flying to New York and then to JHB,
so i said will take it and she got the ball rolling.
She had problems with getting and sending
emails to both our email adresses so thank goodness,toe kon sy darem die nodige
dokumente na liefie se werks adres stuur,ook niks minder as n wonderwerk nie
want voor dat sy die kaartjie kon bespreek wou sy dit in skrif he,dat ek se,
dis reg.
Praat van senuwees en dinge wat verander
van een oomblik na die ander. So dankbaar het haar in die hande gekry want het
2 keer voor dit gebel en nie deur gekom nie.Ek was eers gym toe en na ontbyt is
ek terug kamer toe en dit was nie lank daarna nie toe word liefie hul ingelig
dat alle cruises van Sondag gestaak word en dat almal van die skip moet af wees
,so dit beteken ek moet af of ek nou n vlug het of nie.
So vir my is dit weereens n wonderwerk dat
ek vir Melanie in die hande gekry het en dat sy vir my iets kan probeer reel.
So nou hoor ek eers more oggend of sy reggekom het en of ek wel op die vlugte
gaan wees en my kaartjie gaan kry. So 2 tasse rondsleep van 23 kg elk ,n
rugsak wat voel asof hy klippe inhet en
n fannybag wat om my nek hang ,my voorland!!Gelukkig onthou New York gaan koud
wees so sal moet reg beplan ander vries ek ook nog en n hoes of koors gaan nie goed afgaan nie,dan is dit
konsetrasie kamp toe!!
Nog n kinkel in die kabel is ek moet van
Miami vlieg na n kleiner lughawe in New York (Newark) nog nooit van dit gehoor
nie en dan van daar oorgaan na JFK lughawe en ek kom eers 20 voor 1 die nag
daar aan en dan vlieg ek eers die volgende oggend van JFK. Ek sal dan met SAL
huis toe vlieg maar dan wag daar weer n hele dag voor ek die aand PE toe kan
vlieg.
Dink gaan maar hoor of daar nie dalk plek
op ander vlugte is nie,en dalk is ek gelukkig .Wil net weer my voete op Afrika
grond sit dan gee ek nie om om eintlik te wag nie,solank ek weet is terug tuis.
Arme liefie het nog 2 weke om te gaan voor hy moet huis toe maar ons weet nog
nie of hy defnitief gaan nie,so dit nie lekker nie
So die skepe gaan nou toe wees tot die 13
Maart dan sal hulle kyk en n besluit neem. Dink dit gaan ook n uitdaging wees
om op die skippie te wees en nooit af te klim nie en ook geen werk eintlik te
doen nie, is so goed soos kwarentyn. Hopelik sal die gym hom besig hou en al sy
geliefde boeke. Dink hulle sal die drank van die crew moet weghou want dit kan
dalk net n tydelike uitkoms, wegbreek of vakansie wees,haaa haaa!!
14 Maart 2020:
After a restless night i got up at 5 this
morning to phone Melanie again,and at
first did not get through then when i did get through was told she is buzy can
she phone me back maar toe ek se ek bel van Amerika en my dood gesukkel om deur
te kom toe sit hulle my gelukkig deur en was so bly om te hoor sy het my toe op
die vlugte gekry maar ek sal in JHB my eie kaartjie moet koop en reel maar vir
haar gese, met liefde solank ek net in JHB kan kom.So jou retoer kaartjie nie
altyd jou retoer kaarjtie nie!!!
Sy het eers met hulle baklei omdat my
vlugte van en na PE gemaak is maar soos
altys is daar een of ander gedoente as dit by veranderinge kom.Mens besef ook
net weer niks is verseker nie want op die vlug wat ek eintlik eers volgende
Sondag moes vat is net gese dis gekanseleer,sorry!! Ys as ek dink as ek
volgende week daar gearriveer het en toe die nuus gekry het,so nog n les ,bevestig
net alles vooraf. Dink ek gaan vir haar n groot bos blomme stuur net om dankie
te se vir al haar moeite en gesukkel om my op n vlug te kry
Dink ek is nou sommer ook klaar met die
blog vir die keer se reis, and what a time these past few weeks have been, a real
rollercoaster ride en nie een wat ek gou sal vergeet nie. Net baie bly ek kon
saam met liefie hier gewees het en ook net besef wil nie weg van mekaar wees
nie,so bly kan altyd saam met hom kom. DANKBAAR bitter bitter dankbaar, tot volgende keer
,mooi loop xxx
Comments
Post a Comment