23 January 2020 :  Tortola

Today we arrived early morning but i decided to only get off later in the morning.
The port has lots of shops for shopping but i seem to be done with shopping for now, don’t know how long that one will last!!
Hubby had meeting at 11.30 and we are leaving again at 14h00 so not much time so no walking about for him today

Outside it is hot and i mean real mean hot!! So decided was not going to leave the port area today, maybe next time.Then it was time to look for a place to cool down and have free wifi so a local bar was the place and there i have to admit i had to order something to get the free wifi and a cocktail made its way to my table before lunch time!!! Skande maar lekker,miskien sal ek maar volgende keer eers na middagete afklim en darem kan se die boeing  is al oor.

Was baie braaf na die afklim en met die terugkeer vir liefie saam gesleep gym toe want die was n paar dae laas daarso.Moet erken ek verkies vroeg oggend in die gym en moes hard met myself praat om deur te druk.Gelukkig so halfpad deur die oefen sessie toe word hy geroep en dis toe tyd om dit waarwel te roep vir die dag, saved by the bell soos hulle se!!!

Ons is toe 2 uur daar weg en weer tyd vir siesta voor hy weer 16h00 begin werk.Die middag slapies is eintlik heel lekker en spesiaal. By die huis is daar heeltyd iets om te doen,so le tyd is min so gaan my geleenthede gebruik haa haa




25 January 2020: Great Stirrup Cay Island

Gister was n see dag  so passasiers kry tyd om asem te skep voor hulle laaste port of call dan is die eerste cruise ook verby en so vlieg die weke. Hierso praat hulle nie van dae van die week nie maar embarkation day en ports of call.
Gister was dit vir liefie mense wat been breke opdoen, Dislokasie van enkels ,en ou siektes wat kop uitsteek by die ouer mense.

Vandag was ons op my geliefkoosde privaat eiland van die maatskappy naamlik GSCsoos ons dit noem.Die eiland se tenderbote wat 450 mense kan vat kom haal ons by die skip en tender ons dan na die eiland. Dis prentjie mooi en hulle het al baie veranderinge en verbeteringe al gedoen,die mediese sentrum is splinter nuut met die heel nuutste tegnologie en daar is n te kort aan niks,dis amazing.

Die stootskraapers nog aan die werk aan die deel van die eiand wat vir my die mooiste is,so kan ongelukkig nie nou daar rondloop nie,dink dit sal pragtig wees as dit eers klaar is en natuurlik my geliefkoosde ding die tuine is oorgedoen en geplant met die kleurvolste plante, grasse en gepak met n deklaag.

So tydens jou dag hierso kan jy verniet eet en drink maar vir drankies betaal jy natuurlik..Karibiese musiek word orals gespeel so dit voel sommer lekker om hier te wees. Hier en daar dans mense op hul eie en geniet hulself.

Ek het eers vir liefie gaan opsoek want hy was aan diens op die eiland vir die dag,so die het heel dag in n lugverkoelde vertrek deurgebring en kon darem ook n slapie inkry want vanoggend eers 4 uur in die bed gekom.Moet erken nie te fris gelyk nie.

Ek het darem n swem ingekry maar die water was vir my nogal koud so was net n vinnige in en uit.Sal volgende keer dalk verder swem en n snorkel sessie inwerk.Daar was die mooiste swaard visse in die water,sulke lang maer visse wat deurskynend is.

Teen laat middag begin die weer verander en n donderstorm het begin broei ,wel toe val ek dadelik in die ry om terug te keer skip toe want vir rowwe see in n tenderboot was ek nie lus nie. het al voorheen n skrik gekry met dit,, kan nogal scary wees veral met groot deinings .

Die terugrit was woelig en gaste voor op die tenderboot is lekker nat gespat deur die branders en wind..Dit het ook klou gekos met die afklim om jou balans te hou en nie om te val nie.Gelukkig is die skippers ou hande en ken van bestuur in die weersomstandighede.
Die een werks skip op die eiland se naam Bahamma Mama,vir my nogal oulik.

Vanaand is dit pak vir die passasiers en more vroeg is ons weer in Miami vir die volgende rondte gaste.Ons beplan om in te loop stad toe en wind te kry voor ons weer die diep see aanpak Puerto Rico toe. Hopelik kry ons vanaand darem n goeie nag se slaap in want ek ook maar onrusitg as liefie so weg is en kom en gaan in die nag.
26 January 2020: Miami Florida

Was an early day and left the ship at about 8.30 then i had to wait for hubby who only arrived at 10.30! By this time i was frozen, very chilly in Miami saw on the TV that it was only 12 degrees early morning . Luckily i packed some warm things but was not enough to keep the cold away. Tot n serp om my nek gehad en oortjies was toe met kopband. Die weer glad nie verwag na n week van sweet en baie warm kry nie.

We then walked into town or should i say the city, it takes about 30 minutes of brisk walking but with stunning view over the harbor area, and need the steps  and exercise so not complaining.

All looks the same, here and there were a few new shops then it was time for our stop at Starbucks for something to drink and wifi. We left late so did not have enough time to do all we wanted to do and download so next time i am going to leave earlier and meet hubby in town.

Ek wil mos kyk en nog rondloop and that is not his thing,but next Miami he is working then i will have lots of time to explore and rondloop en kyk. Also made our stop for some weekly groceries that sounds better than sweets and cooldinks!!

Then it was time to head back to the port and it was a brisk walk for we had to be there by 2 when the crew have to be back. Think there were 5/6 ships in port today, so it was busy and buzzing all over. Must say these people are organized, is taxis,busse,mense wat kom en gaan en nog crew bussies wat hulle heen en weer vervoer stad toe, so dis kop hou en almal in toom hou.

Mense op vakansie is mos ook snaaks, verspot,braaf of heel mal,en baie slim so dis n gedoente.Lyk my ons het ook n troue die week want n hele familie met die bruid het gearriveer om op te klim.Bruid het sommer al klaar haar kopstuk aan.

This morning at breakfast there was a screaming and a shouting and words than i cant repeat,so that was a drama about something or other. Hubby always says at the beginning of the cruise all is fine and lekker but then the last day comes and everthing changes.Dan is niks meer lekker nie en niks ook meer goed genoeg nie.

Kry die crew so jammer want as daar nou mense is wat werk vir elke sent wat hulle verdien is dit hulle.Die vrou wat ons kamer skoonmaak moet tot 30 kamer per dag bedien,kan jy jou indink om 30 kamer per dag skoon te maak ,bed op te maak en badkamer skoon te maak.Ek maak darem ons bed op en sorg dat alles netjies is.

Ons kamers word ook elke week geinspekteer,laas het ek mos van my onderklere in die badkamer gelos en toe kon sy sien die offesier rek sy oe en verduidelik gou nee maar liefie se vrou het gekom,haaa haaa. Sal nie weer daai fout maak nie,my kop is gewas daaroor!!Hy het ook verlede week my handeroom buisie op sy tandeborsel uitgedruk en gedink dis tandepasta,lyk my dis wat gebeur as jou vroutjie 5 weke weg was!

More is dit n see dag so wil more na die gym sessie die praatjie van die excursions bywoon en net hoor wat hulle alles se. Last week a entertainment show had to be cancelled one night due to rough seas and to dangerous for the dancers to perform. Sal maar sien wat die week inhou,eintlik weird om te dink in die noorde van Amerika is dit vrek koud en dit sneeu.lyk my winter storms daarso op die oomblik.








Comments

Popular posts from this blog

20 January 2020