Posts

Showing posts from March, 2020
1 Maart 2020: Miami Vanoggend 4 uur toe word ons wakker gebel deur nog n krisis in n kamer op die skip,so liefie is met n vaart daar weg en dit was ook die einde van my slapery.Ek is toe wa wyd wakker en het toe sommer begin TV kyk. Toe hy 6 uur daar insluip toe word ek verras met n stommende koppie koffie en was dit nou lekker,die grootste present wat hy vir my kon bring. n Ou beskuitjie van die huis sou die cherry op die koek gewees het maar ek dankbaar vir elke druppel van die koffie. Weird hoe sulke klein goed hierso n groot issue is,seker maar omdat jy dit nie net sommer kan kry soos jy wil nie,dan waardeur jy mos dinge net soveel meer.ek sien al so uit na daardie eerste oggend by die huis waar ek my tee en beskuit op ons stoep gaan geniet,nog voor die son opkom. Dis mos n ander gedoente as ek by die huis kom dan is die body klok deurmekaar en ek is wakker wanneer ek veronderstel is om te slaap maar dit ook al gewoont en gelukkig nie lank nie dan val jy weer in op S...
24 Feb 2020: Miami Vandag was dit weer tyd vir vir alleen rondloop want liefie nog steeds geblok om af te klim agv die virus. Ons hoop teen volgende week is dinge anders maar net die tyd sal leer. Toe ek wil afklim   wil my kaartjie nie werk nie so het n paar benoude oomblikke gehad maar is toe toegelaat om te gaan maar gedink gaan dalk weer n probleem he met die opklim slag. Ek is stad se kant toe en daar was weer n groot byeenkom aan die gang en die keer was dit die Wodapalooza Miami Crossfit Festival.Omdat dit afgekamp is kon ek nie in nie en moes maar tevrede wees om deur die draad dinge dop te hou. Ek was verstom oor hoe goed gebou die mense is en ek wil amper se vir my gelyk na ouer mense as jonges.Om op te warm was daar n vrou wat op een been afgaan op haar hurke met haar ander been vooruit gestrek en so gaan sy op en af op een been en dan die ander been ,amazing So jammer kon nie die kompetisies of deelmnemers sien nie maar nou ja een van daai dinge.Daa...